Project name: AL3283
Date of interview: 8 December 2009
Location of interview: Rietfontein, Pretoria
Language/s of interview: Afrikaans
Length of interview: 4 minutes 13 seconds
Name of Interviewer: De Wet Potgieter
Name of interviewee/s: Inspector Joppie van Staden
Name of translator (if any): De Wet Potgieter
Name of transcriber:
Notes on access and use (if any):
Audio file name/s of interview: AL3283_PTA_VANSTADENJOPPIE_20091209_2
De Wet Dis Dinsdag 8 Desember 2009, Pretoria, en ek sit hier saam met inspekteur Joppie van Staden afgetrede polisieman. Hy was eers van sy studentedae af was hy by die onluste-eenheid, Eenheid 19, gestasioneer en daarna het inspekteur geword in bomopruiming. Nou Joppie, ek wil eers graag met jou gesels oor die dae by die onluste-eenheid, eenheid 19, dit was die moeilike dae in die sewentigerjare (tagtigerjare eintlik) toe die ANC gereeld betogings en opstande gereël het en so aan en julle wat gebruik was, julle was die skerppunt gewees van die polisie om hierdie goed onder beheer te bring. Nou vertel ons bietjie die omstandighede waaronder dit begin het en watter manier die mense behandel was in elk geval. Dit was harde jare gewees so. Oor na jou.
Joppie 1987 die eerste semester in die polisiekollege gewees, onlustekursus gedoen en terwyl ons nog student was is ons uitgeplaas Johannesburg toe in die tyd toe die treine gebrand het. Twee maande in Johannesburg in die ou John Vorster gebly en die meeste van die tyd skofte gewerk in Soweto seld deursoekings gedoen en alles was ANC georienteerd waar dit vandaan gekom het. Ons het nie genade gehad met die treinbranders nie. As ons hulle gekry het, het ons hulle doodgeskiet of half doodgedonder. Daarvandaan teruggekom en klaargemaak en uitgeplaas na Eenheid 19 toe.
Eenheid 19 was, kyk elke plek het sy eie onluste-eenheid gehad. Johannesburg, Pretoria, elkeen het sy eie Eenheid 19 gehad. Eenheid 19 was die dapper duisend.
Ons het onder hoofkantoor geval maar enige plek waar daar oproer was ons daarheen ontplooi binne ʼn kwessie van ʼn paar ure.
Toe is ons weer einde 1987 is ons ontplooi Bosbokrant toe ook nog by onluste. Daar was dit toe al redelik rustig gewees.
Die volgende een wat lekker prettig was, was toe ons einde 1988 ontplooi daar by Pinetown. Dit was in ʼn swart woongebied gewees daar, Shongweni. Ons het in die middel van die townhsip ons basis gehad. Dit was UDM en ANC gewees. Die UDM was ons baie goesdgesind en ons altyd bygestaan met inligting.
Ons het maar meestal jag gemaak op die ANC-mannetjies en dan het ons ons maniere gehad om hulle te laat praat. Van ʼn tube tot elektrisiteit. Daar was nie shock masjientjies gewees nie. In hondehokke aangehou, dog biscuits elke ding.
Een dag het hulle ons basis aangeval, basies en ons het vier... vyf van hulle geskiet en toe was dit meestal rustig, maar opvolgwerk het ons gereeld gedoen. Aanvalle op die basis het nie weer gebeur nie.
Oproer het basies nog voortgeduur tot einde 1989.
Project name: AL3283
Date of interview: 8 December 2009
Location of interview: Rietfontein, Pretoria
Language/s of interview: Afrikaans
Length of interview: 4 minutes 13 seconds
Name of Interviewer: De Wet Potgieter
Name of interviewee/s: Inspector Joppie van Staden
Name of translator (if any): De Wet Potgieter
Name of transcriber:
Notes on access and use (if any):
Audio file name/s of interview: AL3283_PTA_VANSTADENJOPPIE_20091205_2
De Wet I am sitting here with Inspector Joppie van Staden. It is today Tuesday 8 December 2009. Joppie, you were for years attached to the police’s riot squad before you joined the bomb disposal unit. What years were you with the riot unit?
Joppie From 1980 to the middle of 1990.
De Wet Tell us the circumstances you had to work. In those days the riot squad had to be at the forefront, the sharp edge, during riots. The ANC were involved in riots and upheaval during those years. How did you handle these situations and how were the culprits treated?
Joppie 1987, beginning of 1987 I was in the college and during March/April the riots started where people were burning the trains in Johannesburg.
We were still students when we were deployed. Now, there was none, it was still in the apartheid era, and there was nothing of this human rights shit of today.
We stayed at John Vorster and most of the times travelled on the trains and when somebody step out of line like even put their hands outside the train windows we sjambokked them. We searched premises and were mainly looking for ANC rioters.
We mercilessly assaulted the culprits because in those days there was no word in our dictionary like torture.
Courtesy of The South African History Archive (SAHA)
Creator: Potgieter, De Wet Van Staden, Joppie
Contributing Institutions: The South African History Archive (SAHA); MATRIX: The Center for Humane Arts, Letters and Social Sciences Online at Michigan State University
Description: This is the second part of the interview with Inspector Joppie van Staden, a former police inspector attached to the bomb disposal unit, regarding the riot squad, Unit 19, and consists of an audio recording, transcript and English translation. This interview was conducted, transcribed and translated by De Wet Potgieter on behalf of SAHA in 2009.
Date: December 8, 2009
Location: Pretoria, Gauteng, Republic of South Africa
Format: Audio/mp3
Language: Afrikaans
Rights Management: The South African History Archive (SAHA)